Word `n lid

Waarom jy ’n lid van AgriBonus MOET wees:

Dit is gratis. Ja! Raak maar gewoond daaraan om dinge verniet te kry!

Word beloon, sommer net omdat jy jý is en omdat jy ’n gereelde besoeker aan ons vennote se winkels is.

Ruil jou beloning gratis in op enige produk in ons Bonus Shop of spaar dit vir daardie welverdiende wegbreeknaweek. Jy kan selfs ons Dienssentrum skakel om jou te help met die bespreking van jou oorsese ski-vakansie – alles heeltemal gratis!

Onthou: jy word deur talle vennote beloon, wat beteken dat jou beloning blitsvinnig kan opbou – selfs vinniger as Justin Bieber se roemryke loopbaan. Jy sal dus jou punte vinniger en vir veel groter belonings bymekaar kan maak, as met ander lojaliteitsprogramme waar slegs een maatskappy jou beloon.

Jy kan meer gereeld meer pret hê – alles gratis. Gebruik jou AgriBonus-kaart by enige AgriBonus-vennoot en verdien punte. Ruil jou punte in vir enigiets wat jou hart begeer – van eksklusiewe vakansies, elektroniese toerusting, huishoudelike toebehore en kamptoerusting, tot fondse om ons renosters te red via die Endangered Wildlife Fund. Jy kan selfs jou punte skenk aan ’n organisasie van jou keuse, soos jou plaaslike skool of ’n veilige hawe vir kinders.

Koop alledaagse dinge vir jou plaas of landboubesigheid en wen al die pad. Indien jy ’n AgriBonus-lid is en direkte aankope by enige van ons landbou-insetverskaffers soos Sasol, koöperasies of Shell doen, verdien jy ook AgriBonus-punte op jou aankope. Maak seker dat jou punte aan die AgriBonus Dienssentrum deurgegee word, sodat jou beloning selfs groter kan wees.

AgriBonus en al sy vennote waardeer die feit dat jy weet wat jy wil hê en dat jy van ons verwag om jou behoeftes te verstaan en jou as individu te waardeer. Jy verwag ook dat ons moet weet wanneer jy verskillende produkte benodig en hoe ons dit aan jou moet bekend stel. Dit is ons taak om jou inkopie-ervaring by enige van ons vennote ’n ontspannende ervaring te maak.

Laat AgriBonus toe om seker te maak dat jy by ons vennote die diens kry wat jy verdien en dat jy ’n langtermyn verhouding kan smee met maatskappye wat jou en jou behoeftes wil verstaan.

Registreer nou en raak gewoond aan die goeie GRATIS dinge in die lewe.

Registreer Hier

eg. Po Box 1234
eg. Menlyn

Deur op “Sluit aan” te kliek, aanvaar u die Reëls en Regulasies as
soos gepubliseer op (www.agribonus.co.za )