BONUS SHOP

Afr Toyota Gif

Afr All Partners Gif

Welkom by die AgriBonus-lojaliteitsprogram!

 

Hierdie lojaliteitsprogram waarborg groot lekkerte en jy hoef niks ekstra te spandeer om beloon te word nie!

By AgriBonus bou ons langtermynverhoudings met maatskappye met wie ons weet ons lede geassosieer wil word en wat aan hul vereistes voldoen. Daarom kan ons AgriBonus-lede verseker wees dat hul uitnemende diens by al ons vennote gewaarborg is.

AgriBonus-vennote is kenners op hul gebied binne en buite landbou; uitgekies om slegs die heel beste produkte aan ons lede te bied. By AgriBonus weet ons dat ons lede presies weet wat hul behoeftes is en wat hul nodig het om daaraan te voldoen. AgriBonus-vennote wil graag elkeen van hul kliënte individueel beloon uit opregte waardering vir die aankoop van hul produk of diens. AgriBonus-lede verdien dus punte wanneer hulle ons vennote ondersteun.

Met hierdie punte kan ons AgriBonus-lede eksklusiewe wegbreekvakansies, elektroniese en huishoudelike toerusting, kampeerware en vele ander opwindende produkte bekom – té veel om hier op te noem. Jy kan selfs jou punte skenk aan ’n verdienstelike instansie van jou keuse, soos jou plaaslike skool; die Trust vir Bedreigde Wildlewe (EWT) – om te help met hul pogings om ons renosters te red; of die Agri Relief Foundation – ’n stigting wat boere help tydens onvoorsiene tragedies, soos brande en plaasmoorde.

Maak seker jou koöperasie en Toyota-handelaar weet dat jy ’n AgriBonus-lid is wanneer jy by hul aankope doen. Maak jou ook sommer reg vir spesiale aanbiedings op eksklusiewe en belangrike items wat aan jou as AgriBonus-lid gebied word.

Gaan na die Bonus Shop-winkel waar jy deur al die ongelooflike produkte kan blaai wat aan ons lede gebied word. As jy na iets spesifiek op soek is wat nie tans in die Bonus Shop beskikbaar is nie, kontak gerus ons dienssentrum waar ons vriendelike personeel jou sal bystaan.

Registreer sommer nou en begin deel in kliëntetevredenheid op ’n heel ander vlak, want met AgriBonus-vennote as fondasie kan ons lede hoër hoogtes bereik!

Vennoot Skakels

Toyota

Zoetis

Easi Retail

Koedoeskop Kunsmis

Seednet

Revaro

De heus

Hino

BF Goodrich

Michelin

Laeveld Agrochem

Afr Toyota Gif

Afr All Partners Gif

Vennoot Skakels

Toyota

Zoetis

Easi Retail

Koedoeskop Kunsmis

Seednet

Revaro

De heus

Hino

BF Goodrich

Michelin

Laeveld Agrochem